DIE VERDWYNENDE 10c

(ENG)



(AFR)   Neem n klein stukkie  was en druk dit aan u duim vas.  Kry n seuntjie uit die gehoor en sê dat u hom n 10c gaan gee, maar hy sal die 10c nie kan vashou nie.  Want dit sal  verdwyn uit sy hand.  U wys hom die 10c en druk dit styf vas in die middel van sy hand, vir n paar sekondes terwyl u met hom praat en hom in die gesig kyk.  Maak nou sy hand toe en sê vir hom om vas te hou.  Die 10c het natuurlik aan die was bly sit en het saam met u duim uitgekom.  Hy is egter onder die indruk dat die 10c nog daar is,deur die gevoel wat deur die drukking ontstaan.  Laat nou die 10c in iemand se sak val.  Praat n bietjie Towernaartaal met die 10c, laat die seun sy hand oopmaak en dit sal verdwyn.  Sê hom waar hy moet soek en tot sy verbasing vind hy die 10c in iemand anders se sak.

No comments:

Post a Comment