DIE 20 METER LINT

(AFR) Hoop n klomp sy lint op in n bord voor u en verberg daaronder n klein rolletjie met 20 meter lint daarom gedraai.  U begin nou die bondel lint eet,vir elke mondvol wat u insteek neem u die vorige mondvol uit.  Dit is heel maklik na n bietjie oefeninge, en die gehoor merk dit nie op nie.  Na n rukkie sorg u dat u die klein rolletjie onder bedekking van die los lint in die mond kry,en hou dit in u kies.  U sê nou dat u genoeg geeët het, maar dat u slegte spysvertering het,en liewer maar weer die lint uit u maag sal haal.  Steek die twee vingers in u mond en kry die end van die lint beet.  Trek nou stadig uit terwyl  u dit voor u ophoop.  Hoe stadiger u uittrek,hoe beter sal die indruk wees.

No comments:

Post a Comment