DIE MIDDELDEURSAAG VAN N MEISIE

(AFR) Miskien het u al hierdie vertoning gesien en was verbaas.  Dis heel eenvoudig net soos al die ander skynbare wonderwerke,n mens moet net die geheim ken.  U neem n groot kas,omtrent 45cm  langer as die langste van die twee dames wat u gaan gebruik.  Aan die koppenent van die kas is n gat waar die een meisie se kop uitsteek,en aan die voetenent is twee gate waar die ander meisie se voete uitspeek.  Die gehoor dink natuurlik  daar is net een meisie in die kas.  En u vra twee persone om een die voet en die ander se kop vas te hou.  Op n teken van die Towenaar krimp die meisies hulle inmekaar sodat elkeen net die helfte van die kas inneem en in n sittende houding is.  Die Towenaar en sy assistent neem gou n groot trek-saag en saag die kas middeldeur, hulle steek twee dun plankies in die gleuf en verwyder die twee stukke van mekaar.  Dit laat die gehoor se hare orent staan.  Die gordyn val en die apparaat word verwyder.

No comments:

Post a Comment