DIE BETOWERENDE WANDELSTOK

(AFR) Neem 2 klein swart knipspeldjies, en n draadjie swart sy.  Maak die punt van die sydraad vas aan die spelde en steek hulle vas aan u broekspype net onderkant die knieë.  Gaan sit op u hurke in die middel van die vloer met u bene net so ver van mekaar dat die speldjies en draadjie styf trek.  U laat nou die stok leun teen die draadjie en hy bly regop staan.  U maak beweginge met u hand en maak asof u die stok laat regop staan deur “magnetism” of iets van die aard.  Hoewel heel eenvoudig,sal hierdie vertoning n baie goeie indruk maak.

No comments:

Post a Comment