DIE KAART IN DIE NEUT

(AFR)   Neem n groot okkerneut en brand daar n gaatjie in.  Breek nou die pit binnekant met n naald en verwyder dit stukkie vir  stukkie.  Skryf die naam van n kaart op n stukkie  papier en plaas dit binne in die neut.  Maak die gaatjie toe met was en smeer daar stof oor sodat dit onsigbaar is.  Laat iemand n kaart trek , maar dra sorg dat u die naam weet,  U mag n pak kaarte gebruik met almal dieselfde naam.  Laat hom eers n gewone pak ondersoek maar sodra hy dit aan u terug gee ruil u dit om vir die ander pak.  Sê hom om nou dat hy die naam van die kaart wat hy getrek het in die neut sal vind.  Breek die neut,en daar is die naam.  Hy moet erken dit is die regte naam.

No comments:

Post a Comment