DIE GEESTE BEANDWOORD VRAE


(AFR)   Deel n aantal stukkies papier uit onder die gehoor en vra hulle om daarop te skryf,enige vraag wat hulle deur die geeste beandwoord wil hê.  Laat hulle die papietrtjie vou en in u hoed gooi.  U plaas die hoed op die tafel,neem n papiertjie daaruit en sonder om dit te open druk u dit teen u voorkop en beandwoors die vraag terwyl die person erken dat dit reg is.

n Geheim:-Die Towenaar of medium reël met anderwoorde iemand in die gehoor om n sekere vraag op sy papiertjie te skryf en dit op so n manier te vou dat u dit maklik sal uitken,die Towenaar neem enige papiertjie behalwe die een,druk dit teen sy voorkop en beantwoord nie die vraag op die papiertjie nie,maar wel die een wat hulle ooreengekom het.  Die person erken dis reg.  Nou vou die Towenaar hierdie papiertjie oop en lê dit voor hom op die tafel neer.  Hy neem n ander en druk dit teen die voorkop vas.  Hy beantwoord nie nou die vraag wat hy voor sy kop hou nie,maar wel die een wat voor hom op die tafel lê  Hy gee natuurlik enige paslike antwoord.  Hy lees en beantwoord almal op hierdie manier,en die “gereëlde” vraag vir die laaste.

No comments:

Post a Comment