DIE BETOWERDE RINGE

(AFR)  U het al seker hierdie  vertoning gesien deur ander  Towenaars en gewonder hoe hulle dit doen.  Dis heel eenvoudig.  Laat vir u n aantal ringe maak,soos volg:
A.    Is gemaak met n opening wat veerkragtig sluit;
B.     Is n stel van twee ringe,die een in die ander;
C.    Is n stel van drie almal in mekaar;en
D.    Is twee los ringe met geen opening.
Die ringe behoort so dik te wees as n poltood en omtrent 15 -18 cm  in deursneë.  Lê die ringe een op die ander,en dit sal lyk of die ringe almal los van mekaar is.  DD moet bo lê dan B,dan A en dan C.  Handig D uit vir ondersoek en as hulle nog wil sien handig die ander D ook uit.  Hang die ringe oor u regterarm en sê dat hulle almal saamskakel.  Maak n aantal bewegings en bring B uit.  Die gehoor dink u het hulle inmekaar geskakel.  Laat hulle ondersoek,en as hulle terug gegee word ,doen weer dieselfde en handig C uit.  Neem nou A en terwyl u een van die ringe van C deur die opening laat gly het u vier inmekaar,voeg D by en u het vyf.  Neem D af en vervang deur B wat ses sal maak.  So gaan u aan en skakel hulle op alle maniere.  Verberg die opening van A met u duimn en probeer een van die D’s vry hou.  Dis nodig dat hierdie baie geoefen word as u n sukses daarvan wil maak.

No comments:

Post a Comment