DIE OPLOSBARE R2.00 STUK

(AFR) Kry n klein wynglasie met n plat boom.  Laat  n ronde stukkie glas wat net in die boom van die glasie  pas sny, en omtrent so groot is as n R2.00 stuk.  Sê aan die gehoor dat u die geldstuk in die water gaan oplos en dit later weer herstel.  U hou die stukkie glas versteek in u linkerhand.  Vul die glasie met water nadat dit ondersoek is en gooi daar n sakdoek oor.  Leen n R2.00 stuk en laat die gehoor dit merk sodat hulle dit later weer sal ken.  Roep nou een op die verhoog.  Steek u hand onder die sakdoek in, en terwyl u maak asof u die R2.00 stuk in u sakdoek plaas,ruil n dit om vir die stukkie glas,en laat die person op die verhoog die R2.00 stuk van bo af in die sakdoek hou,en hom bevredig,dat dit werklik daar is.  Hy laat nou die stukkie glas los en dit val in die water in die glasie.  U het intussen tyd om die R2.00 stuk in sy sak te laat val.  U gee die glasie af en die R2.00 stuk is verdwyn.  U gooi die water uit en die stukkie glas wat aan die bodem vaskleef is onsigbaar.  Tot die verbasing van die gehoor bring u nou die R2.00 stuk te voorskyn uit die persoon se sak.

No comments:

Post a Comment