DIE GEHOORSAME KAART

(AFR) Neem n pak kaarte, en laat iemand een trek.  Plaas dit weer terug in die pak sodat u weet waar dit te vinde is.  Plaas n klein stukkie was onder u duimnaal en druk daar n lang haar aan vas.  Doen dieselfde met die kaart.  Die haar is geheel onsigbaar.  U sprei nou die kaarte uit en roep die kaart om te spring wat u dan bewerkstellig met behulp van die haar.  Hierdie geheim word gebriuk vir ander vertonings en die student kan dit self uitbrei en sy eie idees in praktyk bring.

No comments:

Post a Comment