HOE OM TEEN DIE HAND TE SKIET MET N PISTOOL

(AFR) Hier is weer n Towenaars-pistool nodig.  Die laaistok is die ding wat die illusie hier bewerk.  Dit is gemaak van blink staal,met die buis aan die eenkant in die vorm van n patroondop.  As die buis daaraan is moet die ente van die laaistok presies eenders lyk.  Laat een van die gehoor self kruit in die pistool gooi.  U plaas n stukkie watte daarin en stamp dit vas met die laaistok.  Die buis bly nou egter in die loop van die pistol.  Nou laat u die laaistok ondersoek deur die gehoor.  Laat iemand nou self n koeël neem,dit merk en dit in die loop gooi.  Plaas weer watte in en stamp vas.  Die koeël het natuurlik in die buis in die loop geval.  Nou sit die buis aan die laaistok vas en as gevolg van die watte,en as u dit uittrek,kom die koeël saam.  Dit word in die hand verberg.  U sê nou dat u na u hand gaan skiet en u deur bonatuurlike kragte dit sal bewerk dat u nie beseer sal word nie.  Plaas  bord op die tafel en hou u hand daaroor.  Trek die skoot af en laat die koeël uit u hand in die bord val.  Laat die gehoor weer die koeël ondersoek,en hulle sal erken dis dieselfde wat hulle daarin geplaas het.

No comments:

Post a Comment